2024 Britse Grand Prix

Formula 1 Qatar Airways British Grand Prix 2024
Datum 7 Julie 2024
Plek Silverstone
Voorste wegspringplek
Renjaer George Russell Mercedes AMG
Tyd 1:25.819
Vinnigste ronde
Renjaer Carlos Sainz jr. Ferrari
Tyd 1:28.293 op rondte 52
Podium
1 Lewis Hamilton Mercedes AMG
2 Max Verstappen Red Bull-Honda RBPT
3 Lando Norris McLaren-Mercedes

Die 2024 Formule Een Britse Grand Prix is op 7 Julie 2024 op die Silverstone-renbaan in Silverstone, Brittanje gehou. Dit was die twaalfde wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

Die wedren is deur Lewis Hamilton van Mercedes gewen, gevolg deur Max Verstappen van Red Bull Racing in die tweede plek en Lando Norris van McLaren derde. Dit was Hamilton se eerste oorwinning sedert die 2021 Saoedi-Arabiese Grand Prix 985 dae tevore. Verder, was dit sy negende algehele oorwinning by die Britse Grand Prix, wat die rekord vir die meeste oorwinnings op 'n enkele baan en vir die meeste oorwinnings by 'n bestuurder se tuis-Grand Prix verbeter het.[1]

  1. Richards, Giles (7 Julie 2024). "Lewis Hamilton thrills home crowd by winning British F1 GP for ninth time". The Guardian. Besoek op 7 Julie 2024.

Developed by StudentB